Die 9 tot 5 vrou

Jou loopbaan is een van die belangrikste balle wat jy daagliks in die lug moet balanseer
 

“Definieër sukses op jou eie terme en bou ‘n lewe waarop jy trots is om te leef”
– Anne Sweeney, President van Walt Disney –

Jou loopbaan is een van die belangrikte aspekte wat jy daagliks moet balanseer.  Hierdie spasie is spesiaal vir wenke en raad gereserveer ten einde die beste van jou loopbaan te maak.

Die eerste tree tot ‘n suksesvolle loopbaan is dat jy daardie werk betree waaroor jy droom en jou ideaal verwesenlik.

Dit mag dalk voel dat die ideale werk in ander se skoot val en jy wonder hoe dit gebeur. Die antwoord is egter posisionering en bemarking deur die regte gebruik van jou CV.

Tans heers daar ‘n intense kompetisie in die arbeidsmark. Baie meer aansoeke as ooit te vore ding mee om ‘n vakante pos te vul. Voorheen kon mens gemaklik wees met ‘n goeie kwalifikasie, sterk gevestigde vaardighede en/of ervaring. Vandag is dit noodsaaklik om jouself te bemark as ‘n onmisbare skakel.

Die CV kan as die eerste tree tot ‘n wen-onderhoud gebruik word, aangesien dit jou eerste kontakpunt in die bemarkingsketting aan ‘n voornemende werkgewer is. Dit is die wyse van bekendstelling aan die werkgewer. Dikwels is jou CV ook die enigste wyse waarop jou voornemende werkgewer ‘n indruk van jou kan kry. Dus moet jou CV jou superheld wees. Hoe die CV geskryf en verpak word is uiters belangrik en dra ook ‘n boodskap aan die werkgewer oor. Dit moet ‘n betroubare bron van inligting wees wat vertel wie jy is en ook getuig van jou suksesse. ‘n CV kan daarom nie oor ‘n middagete aanmekaar geflans word nie. Die samestelling daarvan vereis ‘n spesifieke kundigheid.

Die tyd is nou om loopbaan-sukses te smaak. Posisioneer jouself om kop-en-skouers bo die kompetisie uit te staan. Kliek op die skakel: Professionele CV-skryfdienste en sien die verskil wat ‘n nuwe CV vir jou kan maak want daardie ideale werk is binne jou bereik!

Werk jou CV vir jou?

Share This
Website Design & Maintenance by Lenomedia.
web design potchefstroom