Jy het 6 sekondes. Dis reg, net 6 sekondes om ’n moontlike werkgewer te beïndruk. Of jy nou vars uit Universiteit kom of al ʼn kenner (veteraan) in jou veld is, elke werkgewer kyk steeds dieselfde na jou CV en jou portefeulje. Werk soek in vandag se tyd, is ʼn werk op sigself.

Om kop en skouers bo die res van die aansoekers uit te staan is ʼn effektiewe strategie die antwoord. Die sleutel tot werk soek sukses is eerstens om jou passie wat jy bepaal het toe jy begin studeer het, nou te kombineer met jou sterkpunte en om voorbereid te wees. Indien jy al ouer is, het jou passie miskien in iets anders uitgeloop as wat jy gedink het.
Die kombinasie kan jy kry deur vir jouself doelwitte te stel; wat jy graag wil hê in ʼn werk en wat jou spesifieke behoeftes is. Kom ons kyk of ek kan help om jou ʼn goeie begin te gee.

CV of Resumé

Die eerste belangrike punt is om jou CV of Resumé op datum te kry of een te laat opstel deur professionele mense wat baie ervaring en kennis het in die veld. Kyk gerus na The CV Centre vir professionele hulp. As jou wegspring reg is, dan kan al die ander dinge makliker in plek val.

Dit is gevind in navorsing deur ʼn maatskappy genaamd ‘Bullhorn’ dat 97% van werkgewers die digitale platform, Linkedin, gebruik, teenoor die skamele 27% wat Twitter gebruik en die 22% wat Facebook gebruik. Linkedin se hoofdoel is om as ʼn besigheid- en indiensnemings georiënteerde diens mense deur netwerk te konnekteer. Dus is dit baie belangrik om ʼn Linkedin profiel vir jou op te stel of te laat opstel deur kenners. Deur op hierdie platform uit te staan kan jy deur miljoene mense raak ‘gesoek’ word.

Linkedin is ook nie ʼn sosiale netwerk waar jy toegang tot enige persoon se profiel het nie. Hier moet jy ʼn persoon as ʼn konneksie uitnooi en dan so ʼn professionele verhouding bou. Die voordeel hiervan is dat jy dan as ʼn konneksie deur die persoon se netwerk raakgesien kan word.

Volgende is jou sosiale profiele ook baie belangrik. Glo my, die nuwe belangstellende werkgewer gaan definitief jou Facebook of Twitter profiel besoek, so wees maar bedag op watter informasie jy op jou bladsy plaas. Dit is ʼn direkte weerspieëling van wie jy is en wat jou waardes is.

Waar begin ek soek?

Wanneer jou CV of Resumé klaar opgestel is, kan jy dit nou laai op webblaaie soos Pnet, Linkedin, Careers24, Indeed en nog meer. In ons digitale era is dit so maklik om net ʼn toepassing af te laai op jou foon en so vinnige toegang te hê tot werke in jou belangstellings veld. Jy kan selfs ʼn e-pos stel met die intekening in die rekening wat jou op hoogte hou indien enige werk in jou belangstellingsveld beskikbaar is.

Onthou om as jy soek, aan ʼn wye beskrywing te dink as jy sleutelwoorde gebruik.

Moet nooit vergeet van die plaaslike media nie. Koerante en gedrukte media het nog lank nie hulle laaste asem uitgeblaas nie. Maak seker dat jy die koerant vroeg kry op die dag wanneer dit beskikbaar is en wees gereed om jou CV so gou as moontlik uit te stuur na die poste waarin jy belangstel.

Netwerk persoonlik met mense. Noem vir vriende en familie waarna jy soek en laat hulle jou bystaan deur saam met jou uit te kyk vir iets. Dit is nie toevallig as iemand in jou familie se vriendin dalk weet van ʼn pos wat by ʼn maatskappy beskikbaar is nie.

En dan?

Wanneer jy die bogenoemde gedoen en jou CV uitgestuur het, is al wat jy kan doen, wag. Moet wel nie hierdie ‘wagtyd’ as ʼn ‘rustyd’ neem nie. Wees steeds aktief in die soek na werk, al het jy reeds ʼn moontlike onderhoud of ʼn moontlike werk.

Hou gerus my Facebook bladsy (https://web.facebook.com/gesond.georganiseerd.geanker/) dop vir meer wenke hoe om jou werk soek reis vir jou makliker te maak.

Share This
Website Design & Maintenance by Lenomedia.
web design potchefstroom