georganiseerd

Jou loopbaan is een van die belangrikste balle wat jy daagliks in die lug moet balanseer

Ek is gedoop ‘n “busy body” en ek is mal daaroor om my lewe tot die uiterste uit te leef. Alhoewel dit ook vir my baie belangrik is om tyd in God se teenwoordigheid te spandeer, die natuur, op die tennisbaan en saam met my gesin.

Almal se persoonlikhede is uniek en ons geniet verskillende dinge soms op baie verskillende maniere. Veral as dit by die werksplek kom; Óf jy nou ʼn ma, ʼn besigheidsvrou, ʼn 8:00 – 17:00 agter-die-lessenaarvrou, of ‘n kombinasie van die bogenoemde is, kan jy elke aspek van jou lewe en beroep geniet en jou ten volle kreatief daarin uitleef.

“Passie is energie.  Voel die krag wat vloei deur te fokus op dit wat jou opgewonde maak”
– Oprah Winfrey –

As dit gaan oor jou eie passie, dan is dit baie belangrik om gelukkig in jou beroep te wees.  Die woord be’roep’ beskryf baie goed waaroor dit hier gaan: “jou roeping in die lewe”.

Graag deel ek my passie en ja, dit is betrokkenheid by ‘n hele klomp besighede, maar ek geniet dit en weet ek maak ‘n verskil op elke vlak waar ek betrokke is.

 

The Human Capital Group

The Human Capital Group is ʼn spesialiswerwing en organisatoriese ontwikkelingsmaatskappy.

My rol as vennoot in The Human Capital Group behels omvattende leierskapontwikkeling, organisatoriese ontwikkeling, asook spesialiswerwing in alle sektore van handel en die nywerheidsbedryf.

Vovani Health

Sonder dat ons geweet het ons wêreld gaan gedompel word met ʼn aansteeklike virus, is Vovani Health in 2017 gestig.  Vovani Health glo daarin om eerste te staan in die verbetering asook beheer en verskaffing van higiëne en sanitasieprodukte.

Ek het nog altyd geglo dat higiëne ongelooflik belangrik is, en dus staan ek 100% by Vovani Health se standpunt en doelwitte as die hoofbedryfsbeampte. Higiëne moet die hooffokus van elke industrie wees, van gesondheidsorg, farmaseutiese dienste, mediese tegnologie, landbou, mynbou tot en met toerisme.

Vovani Water

Vovani Water het te doen met die suiwering, hergebruik en ʼn verskeie ander wetenskaplike aspekte as dit by ons belangrikste hulpbron op aarde kom. Bewusmaking is ook ʼn groot deel van Vovani Water. As ons nie mooi na ons water kyk nie, is ons toekoms bleek.

My man is aan die stuur van Vovani Water en hy is definitief ʼn spesialis op hierdie gebied. Hier geniet ek dit om my man te ondersteun waar hy sy passie uitleef.  Ek glo in Efesiërs 5:22 waar God ons beveel om onderdanig aan ons mans te wees, maar ek sien dit meer in die lig as diensbaarheid, waar ek hom in alles wat hy doen kan help en ondersteun waar hy my nodig het.

Werk jou CV vir jou?

“MY VOEDSEL IS OM DIE WIL TE DOEN VAN HOM WAT MY GESTUUR HET, EN OM SY WERK TE VOLTOOI.”

JOHANNES 4:34

Share This