“Die grondslag vir geluk, is gesondheid”
– Leigh Hunt –
Ons beweeg teen ‘n snelle pas. Die lewe is ‘n rondomtalie en gejaag. Jou liggaam moét gepantser wees teen stress-elemente dat jy elke dag vinnig uit die wegspringblokke kan kom. ‘n Gesonde leefstyl is nie ‘n opsie nie. In my eie lewe het ek die volgende basiese kopskuiwe rakende my keuses gemaak en begin dink: voedingswaarde, effektiewe aanvullings, sukses, lewenskwaliteit, voel-goed en dink-nuut leef-nuut.
In my soeke na produkte wat natuurlike voedingswaarde tot ons gesin se lewe kan toevoeg,
het ek Mannatech gevind. Mannatech het nie alleen “welstand” as leuse nie, maar verander
en verbeter lewens regoor die wêreld met hulle innoverende produkte. Hulle het nie net
vitamien reekse nie, maar selfs ook velsorg en haarprodukte.
Hulle spog met die nuutste Glyco-nutrient tegnologie in hulle produkte wat die sel-tot-sel
kommunikasie ondersteun. As jou selle beter met mekaar kommunikeer kan jou liggaam
teen optimale kapasiteit funksioneer en dus so gesond bly. Dit verseker deurlopende
gesondheid en ʼn algemene voel-goed lewenstyl.
Mannatech skep die geleentheid vir verbruikers om hulle eie ondernemings te ontwikkel.
Met ʼn uitgebreide netwerk, wat selfs oor landsgrense strek, kan jou drome van finansiële
onafhanklikheid bewaarheid word.
Mannatech se produkte reekse:
- Essensiële produkte
- Gewigsverlies en fiksheid
- Vitamien reeks wat hulle noem ‘Targeted Health’
- Velsorg
Ek het die volgende produkte as goeie eerste-inkopies geïdentifiseer:
- Mannabears
- GI Probalance
- Omega 3