Mamma 101

Wat werklik saak maak

“Mamma is ʼn werkwoord: dit is hoe jy leef nie net wie jy is nie”
– Cheryl Lacey Donovan –

Die balans tussen ma-wees, vrou-wees en ‘n volhoubare loopbaan, is soms soos ʼn berg voor jou wanneer tyd min, en take baie is. Goeie wenke en deur slim te werk, sal jou weer in staat stel om te fokus op wat werklik saak maak: wie jy is en jou gesin. Hier is nuttige wenke en plekke wat daaglikse take makliker kan maak en jou spanning kan verlig.

Maroela Media
Alles in Ouerskap

Faithful to Nature

Besoek Faithful to Nature se aanlyn-winkel en ‘n groen-wêreld ontplooi. Faithful to Nature bederf ouers met die voorreg om kinders met eg-organiese produkte groot te maak.

‘n Badtyd produkreeks is beskikbaar vir babas, kleuters asook vir die ontluikende tieners.  Ons almal kan getuig van die groot kosblik-kopseer. Oulike organiese kosblik-versnapperinge is beskikbaar wat ‘n vervelige kosblik sal opkikker. ‘n Verskeidenheid van eko-vriendelike speelgoed is beskikbaar. Alles is uit volhoubare materiale vervaardig wat omgewingsvriendelik is. Slegs betroubare handelsname word gebied om te verseker dat elke produk natuurlik, veilig en gesond vir jou kinders is.

Die goeie nuus vir ons vriendinne wat nie in Suid-Afrika woon nie en as mammas voor dieselfde uitdagings te staan kom, is dat daar betroubare skakels in ander lande is wat dienste en produkte soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse ekwivalent, bied.

Kliek op die land waar jy woon en vind meer uit oor die skakels soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse produkte en dienste.

Amerika

toys_r_us_logo

Beslis nie ‘n onbekende naam vir Suid-Afrikaners nie! Hier kan jy weeklikse winskopies raaklees by die besparingsentrum-blad. Dit is ook maklik om ‘n winkel in jou area op te spoor deur net die stad (of kode waar jy woon) in die soek-venster in te tik. Ek vind die afdeling by die BabysRUs blad wat basiese vrae van mammas beantwoord ook insiggewend.

Australie

Hou hierdie spasie dop

 

Verenigde Koninkryk

elc-triangle-logo

‘n Sentrum wat deur “te speel” fokus op die geheel-ontwikkeling van jou kind. Hierdie winkelsentrum bied verskeie produkte wat onder andere verbeelding en sosiale vaardighede stimuleer tot produkte en speelgoed wat fyn motoriese vaardighede en probleem oplossing ontwikkel. ‘n Bonus is die verjaardagklub waaraan jou kind kan behoort. ELC bied ook ‘n gratis afleweringsdiens en, binne terme, gratis terugsending van produkte wat aanlyn gekoop is. Besoek gerus die webwerf en sien al die opsies, dienste en produkte wat beskikbaar is.

mamas-and-papas

Mammas…. hierdie is die skakel wat jy dadelik op jou foon stoor nadat die swangerskaptoets uitslag as “positief” bevestig is! Idees vir die inrigting van die baba-kamer, produkte om makliker met baba te reis, speeltyd, produkte vir badtyd en nog vele meer om deur te snuffel is hier te vind. Die webwerf bied ook ‘n lekker geselsblad met interessante en insiggewende “video snitte” – beslis ‘n wenner blad vir al ons mammas (en pappas).

Share This
Website Design & Maintenance by Lenomedia.
web design potchefstroom