welkom

In ‘n wêreld wat elke dag vinniger beweeg, het jy ‘n oomblik van stilte nodig. Vind skoonheid in die daaglikse lewe. Maak tyd vir die dinge wat die naaste aan jou hart lê: liefde, vreugde, troos. Omhels verhoudinge. Skep geleenthede. Leef verantwoordelik. Streef daarna om klein stappe te neem. Lewe eenvoudig: gesond, georganiseerd. geanker.

Gesond

“Ek wil my alles gee om my liggaam op te bou en te versorg, daarom rig ek my gedagtes op die gesonde opsies wat energie en lewe gee.”

Georganiseerd

“’n Gepaste tyd en plek vir elke saak: maak ek elke deel van my wêreld handskoenpas, seisoengegewe.”

Geanker

“Diep my anker gelê in God, my weerstand teen die storms en strome wat my heen en weer wil ruk in hierdie lewe – staan ek steeds vas en my doen en late word omskep tot
Sy eer.”

Ons het verander. Ek dink ek kan met sekerheid sê: ons het verander vir die beste. Net soos wat die natuur deur seisoene gaan, so kan ons almal getuig van die een of ander seisoen waardeur ons al gestap het.

In die tyd waarin ons leef is ons gedwing om stil te raak, rustiger te leef en meer eerlik na die wêreld om ons te kyk.  Ons is gedwing om nie net te jaag van een punt na die ander om ons kinders en onsself by aktiwiteite te kry nie. Ons kon kans kry om bietjie te sit, te luister en te speel saam met ons gesin en ja mens verlang na jou geliefdes.

Hierdie tyd leen homself daartoe om weer te besef wat belangrik is.  Is dit steeds belangrik om ‘n model lewe te probeer lei?  Is dit steeds so belangrik om op die beste dieet te wees, duurste klere te dra, beste van als te probeer najaag?  Die enigste vraag wat ek dink ons moet vra is: Wat is nou eintlik vir ons belangrik?

Daar gaan altyd uitdagings wees en alles is nie perfek vasgevang binne-in ‘n wonderlike wêreld nie. Ons kan die seisoene van ons lewe nie aanjaag nie. Wanneer jy deur ‘n seisoen van droogte gaan, sal die reën op die regte tyd kom, miskien nie op die tyd wat jy gedink het dit sal nie, maar dit is nooit op die verkeerde tyd nie.

Met hierdie webtuiste wil ek jou; mamma, besigheidsvrou en vrou, aanraak en help om die egtheid van jouself en die waarde van jou lewe te ontdek.  Ek wil vir jou ‘n platform skep waar jy kan strewe om die beste jý te wees, waar jy nie hoef voor te gee dat jy iemand is wat nie pas in jou bestaan nie, maar dat jy die werklike jý is. Ek wil deel wees van jou seisoen, watter een dit ook al mag wees.

Love jou website, inspirerend, eg en jou stories!

Yolande Hattingh

“Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.”

‭‭JEREMIA‬ ‭29:11